Nehemia - Nehemiah

Hoofstuk: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13


Hoofstuk 7

1 En toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.
2 En ek het my broer Hanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel—want hy was ‘n getroue man en godvresend bo baie—
3 en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.
4 En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.
5 Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om ‘n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:
6 Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;
7 wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:
8 die kinders van Parhos, twee duisend een honderd twee en sewentig;
9 die kinders van Sefátja, drie honderd twee en sewentig;
10 die kinders van Arag, ses honderd twee en vyftig;
11 die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, twee duisend agt honderd en agttien;
12 die kinders van Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;
13 kinders van Sattu, agt honderd vyf en veertig;
14 die kinders van Sakkai, sewe honderd en sestig;
15 die kinders van Bínnuï, ses honderd agt en veertig;
16 die kinders van Bébai, ses honderd agt en twintig;
17die kinders van Asgad, twee duisend drie honderd twee en twintig;
18die kinders van Adoníkam, ses honderd sewe en sestig;
19die kinders van Bigwai, twee duisend sewe en sestig;
20die kinders van Adin, ses honderd vyf en vyftig;
21die kinders van Ater, van Hiskía, agt en negentig;
22die kinders van Hasum, drie honderd agt en twintig;
23die kinders van Bésai, drie honderd vier en twintig;
24die kinders van Harif, honderd en twaalf;
25die kinders van Gíbeon, vyf en negentig;
26die manne van Betlehem en Netófa, honderd agt en tagtig;
27die manne van Anatot, honderd agt en twintig;
28die manne van Bet-Asmáwet, twee en veertig;
29die manne van Kirjat-Jeárim, Kefíra en Béërot, sewe honderd drie en veertig;
30die manne van Rama en Geba, ses honderd een en twintig;
31die manne van Migmas, honderd twee en twintig;
32die manne van Bet-el en Ai, honderd drie en twintig;
33die manne van die ander Nebo, twee en vyftig;
34die kinders van die ander Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;
35die kinders van Harim, drie honderd en twintig;
36die kinders van Jérigo, drie honderd vyf en veertig;
37die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewe honderd een en twintig;
38die kinders van Sénaä, drie duisend nege honderd en dertig.
39Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, nege honderd drie en sewentig;
40die kinders van Immer, duisend twee en vyftig;
41die kinders van Pasgur, duisend twee honderd sewe en veertig;
42die kinders van Harim, duisend en sewentien.
43Die Leviete: die kinders van Jésua, van Kádmiël, van die kinders van Hodéwa, vier en sewentig.
44Die sangers: die kinders van Asaf, honderd agt en veertig.
45Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd agt en dertig.
46Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;
47die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;
48die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Salmai;
49die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;
50die kinders van Reája, die kinders van Resin, die kinders van Nekóda;
51die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paséag;
52die kinders van Bésai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;
53die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;
54die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;
55die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;
56die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.
57Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;
58die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;
59die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon—
60al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: drie honderd twee en negentig.
61En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie—
62die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: ses honderd twee en veertig.
63En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ‘n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
64Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
65En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.
66Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig;
67behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was sewe duisend drie honderd sewe en dertig. En hulle het twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse gehad.
68Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile twee honderd vyf en veertig;
69kamele, vier honderd vyf en dertig; esels, ses duisend sewe honderd en twintig.
70En ‘n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterrokke.
71En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend twee honderd mines.
72En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend mines, en sewe en sestig priesterrokke.
73So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon. (8:1) En toe die sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hulle stede was,